Jan 31

Special Effects van die TV reeks Boardwalk Empire

Dit is ongelooflik om te sien wat mense deesdae met rekenaars kan regkry. Kyk na die video wat wys hoe die ouens die “effects” gedoen het van die TV reeks “Boardwalk Empire”. Dit is nie ‘n goeie reeks nie, maar die rekenaar graphics is awesome.

Ek het probeer raai wat is rekenaar gedoen voordat hulle jou wys. Maar het meeste nie kon sien totdat hulle dit vir jou wys nie.

Posted in Grappies | Tagged , , , | Leave a comment
Jan 30

Kyk hoe lyk die Sesmylspruit vanmore.

Ek is seker mense gooi al hulle industriële gemors in die Sesmylspruit. Kyk hoe lyk dit vanmore toe ek die kinders by die skool gaan aflaai het. Laat my sommer gril.

Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Ek sien dit omtrent een keer per maand. Dit is om van siek te word. Hoekom dink julle Tshwane doen niks daaraan nie. Waarvoor betaal ek so bleddie baie belasting.

 

Posted in Algemeen | Tagged , | 1 Comment