Apr 03

Dit is nou oorboord gaan

Die mense in Noorweë was nogal gelukkig om te oorleef. Die video wys hoe ‘n gebreekte trok wat getou word van die pad af gly en die trok wat hom sleep saamvat. Op die laaste oomblik spring die ou uit die sleep trok uit. Die ou in die trok wat gesleep was, was nie so gelukkig nie en het in sy kajuit gebly. Hy het dit oorleef maar het ‘n paar gebreekte bene opgedoen.

Posted in Algemeen | Tagged , , | Leave a comment
Apr 03

My volgende kar is ‘n girokopter

Blykbaar mag jy nie die ding oor 4000ft vat nie agv sy lisensie beperkinge. Dit kan ongeveer 180kmh bereik beide op grond en in die lug. Jy kan boonop somer petrol ingooi by enige garage, dit ry/vlieg op normale unleaded-petrol.

Dit lyk asof dit nogal pret kan wees om te ry en vlieg. Dit werk op ‘n girokopter konsep. Ek se al lankal ek soek een.

Iemand koop asb vir my een, toe !

Posted in Algemeen | Tagged , , , , , | Leave a comment